Wat beteken vryheid vir jou?
Ek luister hoe studente van tukkies, pukke, maties en kovsies hul antwoorde gee...
- Rasse gelykenheid
- Vrye toegang tot onderwys
Jy, student wie se ouers kon bekostig om jou Universiteit toe te stuur. Jy wat dink jy staan as ere lid van die jeug en as student jou lewe geniet tussen klas mis en take away's eet, jy is oningelig oor hoe die "vrygeborenes" werklik leef.
Rasse gelykenheid is belangrik, ons almal moet mekaar respekteer, mekaar die voordeel van die twyfel gee en dit is immers belangrik vir 'n groeiende toekomstige Suid-Afrika.
Ja onderwys is belangrik, maar wie gee jou, die student, die reg om te sê jou onderwys is onregverdig.
Ek is volgens die algemene sosiale siening 'n "vrygeborene". Ek is arm, in 'n arm huishouding gebore, as arm kind grootgemaak; daar was nooit geld vir smeerkaas of polony nie. In my matriek jaar het ek soos almal gewonder oor my toekoms maar ek kon nie universiteite bekostig nie, so ek het op daardie liewe dag wanneer die universiteite by die skool kom uitstal, amper skool geslip. Ek het geluister na skoolmaats wat madeliefie en katryn (hoe sal ek tog weet) koshuise sou bywoon en opgewonde was omdat hulle 'n studente lewe sou hê.
My pa, die dapper man wat hy is, het teenoor die boekhouer in my tuisdorp sy hart uitgestort en daardie boekhouer het ingestem om my indiensopleiding te gee.
In teenstand met jou studentelewe, het ek 'n werk my gat af lewe, in 'n klein dorpie in die middel van nêrens waar ek nie petrolgeld het om klasse by te woon of genoeg lugtyd het om podcasts te kry nie. My studentelewe bestaan uit die 8am tot 5pm dagskof en die 6pm tot 2am nagskof want anders as jy wat kan swot wanneer jy wil moet ek werk om my studies te kan bekostig.
Dit my vriend is die punt van die ysberg wat jy sien...
Wat beteken vryheid vir my?
- Om 'n munisipaliteit te hê wat eintlik hul elektrisiteit rekening aan Eskom betaal sodat ons nie sonder krag in die middel van die nag sit nie.
- Skoon drinkbare water wat nie met mens afval besmet is en siektes oordra nie.
- 'n Riool sisteem wat werk.
- 'n Pad waar daar nie een enkele slaggat is nie.
- Kruideniersware wat bekostigbaar is, want 'n two minute noodle dieet raak bietjie eentonig.
- 'n Wisselkoers wat dit selfs vir die wat sukkel 'n kans sal gee om die wêreld te sien.
- 'n President wat eintlik omgee.
- 'n Land wat niemand kwalik neem vir die foute van die verlede nie.
- 'n Gesprek waar ek nie verkwalik word vir my voorvaders se foute nie.
- 'n Veilige omgewing waar ek en my familie gesellig kan wees sonder om gedreig te word.
- Die mentaliteit van logiese landsburgers wat die verlede laat, waar dit is, ja alles het reeds gebeur nou is die tyd om voorentoe te beweeg.
- Vryheid beteken om fisies vry te wees van alles wat die lewe vir ons ondraaglik maak, landsburgers inkluis.
Laat staan jou jeugdige opstand en jou oningeligte uitlatings, wag totdat jy sit waar baie van die jeug sit - op straat - en dan laat weet jy my wat vryheid werklik is.
Ons almal het keuses wat ons moet maak, maak jou keuse een waar jy besef daar is 'n groter prentjie daarbuite - 'n struikelende ekonomie waar buitelandse beleggers ontrek het, omdat jou president nie die lig kan sien nie. 'n Petrolprys wat hoog is alhoewel jou land 'n uitvoerder is - Sasolburg enigiemand?
Ek vra jou met trane in my oë, maak assbelief jou oë oop en sien watter toekoms ons voor ons het, en begin dit verander!!
Tot volgende week.
Chani
No comments:
Post a Comment