Jy
het gedroom
terwyl jy wawyd wakker lê.
In ‘n wêreld meer kompleks as diè,
kon mens die realiteit in die droom sien nog
voor dit werklik opgemerk word.
Mens sien nie altyd die pyn voor dit werklik
daar is nie,
maak nie saak hoe lank en ver jy jouself probeer
beskerm nie,
jy sal nooit werklik weet wanneer iemand jou in
die rug sal steek nie.
Ons vind onsself meer kere as een,
in die koue kloue van die donkerte…
ja daardie donkerte wat jou hart verstrengel en
jou kop verdor.
Die donkerte wat jou maniese gedagtes na
onwerklike waarhede verander
sonder dat jy dit weet.
Die krag van ‘n duisende manne
kan jou nie red uit die greep wat daardie
donkerte om jou het nie.
En dan op ‘n dag verander alles,
jy besef jou gevoelings beteken eintlik niks vir
ander anders as jyself en jou gedagtes nie.
Jy mors jou asem om jouself te red uit die
pennarie waarin jy jouself bevind
nadat die wêreld wat jy gedink het joune was
eintlik iemand anders s’n blyk te wees.
En tog probeer jy steeds oorleef al weet jy dis
nutteloos.
Al besef jy oorlewing
is slegs ‘n tydkoop aandeel wat jou duur te
staan gaan kom op die ou end.
Nee, jy het nie besef dis wat gaan gebeur nie,
want tog in jou hart sien jy altyd net die goed
in ander totdat hulle jou verkeerd bewys,
is die sê-ding nie, “Innocent until proven
guilty” nie?
O jy, jou dom sot,
het gedink ander is so opreg en verstandig soos
jy en toe jy besef dit is nie so nie,
krul jou liggaam van die pyn wat die donkerte
aan jou hart veroorsaak.
Maar tog hoop jy…
Jy hoop vir iemand wat jou sal verstaan deur die
middernag trane en die valse glimlag,
jy hoop iemand sien die werklikheid van jou
droom,
voordat jy uitasem wakker skrik en besef dis nie
net ‘n nagmerrie nie.
En tussen die mantra “Alles was net ‘n droom”
en die besef dat jou drome waar geword het,
neem jy een laaste asem
voordat jou oë
‘n laaste maal
sluit.