Geskok staar ek na die rekenaar skerm - eks getag in 'n foto deur iemand wat saam met my op laerskool was...
Ek staar na die vroeteier prentjie en frons effens, het ek ooit vroteier gespeel op laerskool?
Vinnig probeer ek terug dink aan daardie jong dae wat amper 15jaar terug was, maar ek slaan 'n blank. Dis nie dat dit so lank terug was nie maar dat dit net te aaklig is om te onthou...
Ja ek ken die storie meeste mense is geboelie op skool - dis die oudste storie in die boek, niks nuuts nie, maar tog kry ek 'n koue rilling wat stadig oor my ruggraat kruip as ek dit probeer onthou. Dit was name, leuens, grappe, slegsê en 'n spottery, maar moet my asseblief nie jammer kry nie dit is immers amper tien jaar terug.
Ek wonder net of daardie boelies dit kan onthou soos ek dit onthou? Wonder hulle ooit wat van diè geword het wat hulle geboelie het of waarheen daardie kinders gegaan het nadat hulle uit die skool is? Het hulle 'n gewete?
Want tog was dit nie die onderwysers se skuld nie, want glo my ek was te skaam om selfs vir my ma te vertel, wat nog van 'n onderwyser in wie se gesig ek elke dag moes vaskyk? Ek blameer hulle glad nie, ook nie die hoof of die beheerliggaam nie ek blameer myself, want as ek slegs een keer opgestaan het vir myself, was die uitkoms heelwat anders.
Maar tog weet ek dit was nie my skuld nie, ek was nie grootgemaak om te baklei nie, my ouers is liefdevol en verstandig en hul eie mense so die kans dat hulle ook teen 'n magdom ryker ouers en beheerliggaamslede sou baklei was skaars, want hoe verander jy so iets, jou kind word dan net 'n verdere teiken.
Nee, ek het gehuil elke middag as ek van die skool afgekom het, ek het by die huis uitgehak omdat ek by die skool ongelukkig was en dit was niemand anders se skuld as my eie nie, so jonk soos ek was moes ek tog geweet het wat is reg en wat is verkeerd.
Ek het in standerd 6 na 'n ander skool gegaan, myself ge-reinvent en heeltemal 'n ander mens geword totdat ek 'n paar jaar later by die redenaarskompitisie een van my vorige onderwyserresse raakgeloop het en sy die balkie gesien het op my bors wat lui "Onderhoofmeisie van Akademie".
In my gedagtes was ek 'n hero, "sien ek het julle gewys, ek het eindelike iets geword wat julle nie verwag het nie!" ja ek was braaf en ek het hopeloos teveel selfvertroue gehad in matriek juis as gevolg van my gedaante verwisselling in standerd 6.
En haar reaksie op my sukses, "Sjoe julle skool se standaard moet seker laag wees as jy onderhoofmeisie van akademie kan wees."
Die wind was letterlik uit my seile.
Ek staan verstom voor haar: My ouderwetse respek wat my gekeer het om haar iets te noem wat ek later sou berou het, het sterk baklei teen, die rebel wat 'n miljoen woorde op een slag kon uiter as ek net my verdomde mond kon oopmaak.
Ironies dat ek by 'n redenaarskompetisie stom geslaan was.
En nou vandag wanneer ek terug dink aan daardie sewe jaar wat wegkruip in my geheue, is ek bly dat ek dit nie kan onthou nie, want in my onderbewussein weet ek dat dit wat daardie onderwyserres vir my gesê het nie die ergste was nie.
Tot volgende week!
Chani
Thursday, 28 April 2016
Friday, 22 April 2016
TV Kêrel Departement
Mag ek net begin deur te sê, alles gebeur met 'n rede.
Ek kom op Facebook (moenie my baas sê nie) en sien iets soos, Armand Aucamp se blog en lees hoe hy rook opgegee het. Dadelik flits 'n donkerkop Tom Niemandt in my gedagtes waar ek soos 'n skoolkind met 'n crush heel opgewonde lees oor sy rook gewoontes, alhoewel ek nog nooit my lippe aan 'n sigarette gesit het nie.
En op die einde van sy ingrypende tirade staan daar "as jy nog nie my vorige stuk gelees het nie" ja ek het op die skakel gedruk en siedaar maak 'n nuwe bladsy oop met die woorde, "veral omdat daar seker nou ’n verwagting geskep is met Die Boekklub en Tom Niemandt se wyse en pikante woorde. Nota: Dit is Louis Pretorius (skrywer en vervaardiger van Die Boekklub) se superwyse en pikante woorde."
Ek bars uit van die lag en tik myself op die vingers, wie sou kon raai dat ek geval het vir 'n sekere boekklub karakter.
En dis hoekom ek sê alles gebeur met 'n doel, want ek wou nog altyd blog en hier is 'n man met 'n wye spektrum van aanhanger (ek merk op meeste vrouens... natuurlik!) en hy praat hoe ek praat... scary!
Maar ek het nie die blog begin om te praat oor ons gunsteling Armand Aucamp nie, nee ek wil eerder praat oor hoe ons verbeelding met ons weghol... of altans myne.
Ek sit op die bank in my etenstyd (ek woon in 'n klein dorpie so ek kan huis toe gaan tussen een en twee) en kyk Chicago Fire, ek leef myself so in dat ek met die karakters praat asof hulle my kan hoor. Dikwels doen ek dit met die stories wat ek kyk, want tog skep daardie arme karkater vertolk deur 'n Armand Aucamp of 'n Neels van Jaarsveld daardie verwagting dat dit tôg met my ook kan gebeur ... Wie weet?
Is ek alleen in die tv kêrel departement?
Is ek die enigste hopeless romantic wat oor is?
Ek dink ons word so weggevoer in die alleenheid van ons besige skedules dat ons soms vergeet daars steeds 'n lewe om te leef, alhoewel ek nie die tyd het daarvoor nie... Ek maak veral sulke foute, omdat ek nie alleen na iets wil gaan wanneer my vriende besig is nie.
En dan bevind die hopeless romantic haarself in 'n eensame skuitjie in die middel van die oseaan want niemand het my lief nie almal haat my...
Maar ek is te lui om self die motor wat agter op die bootjie is aan te skakel en weg te ry.
Want is dit nie makliker om te wag vir jou ridder op 'n witperd om jou te red nie?
'n Duur les wat ek al geleer het is, as jy nie jouself red nie, gaan jy verdrink in die magdom mense wat nie hul hande wil vuil maak nie. Maak eers op jouself staat voor jy van ander verwag om dieselfde te doen - JY is immers jou grootste AANHANGER!
Dit bly tog lekker om te hoop vir die ridder, soos die hopeless romatic wil hê, al het jy klaar jouself gered...
Met alle hoop op 'n tv kêrel romanse nog voor die einde van 2016.
Tot volgende week.

Subscribe to:
Posts (Atom)